Deliese Bond

Die Deliese Bond in 431 v.C., voor die Peloponnesiese oorlog

Die sogenaamde Deliese Bond, of Attiese Seebond, was 'n assosiasie van ongeveer 150[1] Griekse stadstate in die 5e eeu v.C., wat onder die leierskap van Athene, voorgeneem het om die stryd teen die Persiese ryk voort te sit, ná die Griekse oorwinning in die Veldslag van Plataia teen die einde van die Grieks-Persiese oorloë. Die bond is in 478 v.C. tot stand gebring, en die moderne naam daarvan[2] is afgelei van die amptelike vergaderplek, die eiland Delos, waar kongresse gehou is in die tempel en waar die skatkis gesetel was totdat Perikles dit verskuif het na Athene in 454 v.C..[3] Kort na die instelling daarvan het Athene begin om die bond se vloot vir eie gewin in te palm. Hierdie gedrag sou dikwels lei tot konflik tussen Athene en die minder magtige lede van die bond. Teen 431 v.C. sou Athene se hardhandige beheer van die Deliese Bond aanleiding gee tot die uitbreek van die Peloponnesiese oorlog; die bond is ontbind met die voltrekking van die oorlog in 404 v.C..

  1. Martin, Thomas (11 Augustus 2001). Ancient Greece: From Prehistoric to Hellenistic Times. Yale University Press. ISBN 978-0-300-08493-1.
  2. A history of the classical Greek world: 478-323 BC deur Peter John Rhodes Bladsy 18 ISBN 1-4051-9286-0 (2006)
  3. Thukydides, I, 96.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne